Kontak:
-
Plek: BMRI Conference Venue, Stellenbosch University Tygerberg Campus, Parow
Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe hou binnekort ʼn reeks aktiwiteite ter viering van die inwyding van die Biomediese Navorsingsinstituut (BMNI). Die
BMNI is ʼn ten volle geïntegreerde, toekomsgerigte en goed georganiseerde
navorsingskompleks wat op verskeie maniere die beste ter wêreld ewenaar en
selfs oorskry. Die gebou is daartoe gewy om die genetiese en biomolekulêre
grondslag van siektes met ʼn bepaalde Afrika-fokus te ontsyfer.
Die
konstruksie van die BMNI het in 2019 begin met ʼn sooispit-geleentheid. Sedertdien het dit die fakulteit op die wêreldverhoog geplaas met die
tentoonstelling van uiters gevorderde en gesofistikeerde biomediese navorsing
wat kers vashou by die beste fasiliteite ter wêreld.
As ʼn gewaardeerde lid van die Tygerbergkampus-gemeenskap, word jy uitgenooi om deel te neem aan al die opwindende
aktiwiteite wat beplan word vir die inwyding van die BMNI met die tema
“Verbeter lewens met deurbraak wetenskap”.
Plaas die volgende datums in jou dagboek en registreer waar nodig om hierdie
aktiwiteite by te woon:
Saterdag 15 April 2023:
BIOMEDIESE NAVORSING OPEDAG [09:00 – 13:00]
Maandag 17 April 2023:
BMNI GENOMIESE SIMPOSIUM EN TOERE [8:00 – 18:00]
Registreer
hier >
Dinsdag 18 April 2023:
AKTIWITEITE EN TOERE VIR FAKULTEIT-PERSONEEL [12:00 – 15:00]
Dinsdag 18 April 2023:
TUBERKULOSE SIMPOSIUM EN TOERE [08:00 – 18:00]
Registreer
hier >
Donderdag 20 April 2023:
KARDIOMETABOLIESE NAVORSING [08:00 – 12:30]
Registreer
hier >
Meer besonderhede oor die program volg binnekort.