Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Openbare lesing: Hoe kwantumfisika musiek gedemokratiseer het: 'n meditasie oor fisika en tegnologie
Begin: 24/10/2022, 16:30
Einde: 24/10/2022, 20:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson -
Plek: Lecture Hall 3010, Jan Mouton Building, Stellenbosch University

Die Universiteit Stellenbosch in samewerking met die Stellenbosch Instituut vir Gevorderde Studies (STIAS) nooi jou vriendleik uit na 'n openbare lesing as deel van die Nobel Symposium on Predictability of Science in the Age of Artificial Intelligence:  "Hoe kwantumfisika musiek gedemokratiseer het: 'n meditasie oor fisika en tegnologie" deur Professor Sir Michael Berry, Universiteit van Bristol.  

 Klik hier om vir in-persoon of aanlyn-bywoning te registreer.

Meer oor die onderwerp 

Onderlinge verwantskappe tussen fisika en tegnologiese uitvindings, en aspekte van die menslike lewe wat oënskynlik ver van die wetenskap verwyderd is, is onverwags, dog onverwags algemeen. En eerder as om in een rigting te vloei  – van fisika tot nuwe toestelle – vorm die verwantskappe 'n ingewikkelde web wat alle aspekte van menslike kultuur verbind, op maniere wat ons gerieflike kompartementalisasie en intervensies gemik op die bevordering van tegnologie-oordrag uitdaag. Ek sal hierdie tema nie abstrak bespreek nie, maar met voorbeelde wat strek van musiek tot die kleur van goud, en ook verduidelik hoe kwantumtegnologie my help om kwantumfisika te beoefen.    

Meer oor die spreker 

Professor Sir Michael Victor Berry, FRS, is die Melville Wills Professor in Fisika (Emeritus) by die Bristol Universiteit, waar hy reeds meer as twee keer so lank is as wat hy nié daar was nie. As 'n wiskundige fisikus is sy werk in die grensgebied tussen klassieke en kwantum- teorieë en straal- en golfoptika. Hy is bekend vir die Berry-fase, 'n verskynsel wat byvoorbeeld in kwantummeganika en -optika waargeneem word, asook die Berry-verbinding en -kurwe. Hy het 'n reeks toekennings ontvang, vernaamlik die Wolf Prys in Fisika (1998) en meer onlangs die Lorentz Medalje van die Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen (2015), die JE Moyal Medalje van Macquarie Universiteit (2016), Eregenootskap van die Universiteit van Bristol (2017) en die Fudan-Zhongzhi Wetenskapstoekenning (2020). Hy is tans 'n Leverhulme Emeritusgenoot by die Universiteit van Bristol (2020-2022). In 2000 het hy die Ig Nobel prys in fisika gedeel met Prof Andrey Geim van die Universiteit van Nijmegen in die Nederlande vir hulle werk oor die fisika van vlieëende paddas.  

“As 'n fisikus en wiskundige, is sy werk in die grensgebied tussen klassieke en kwantum- teorieë en straal- en golfoptika omvattend. In plaas van die volg van tendense, het hy sy eie navorsingspad gevolg, wat 'n langdurige invloed gehad het en tot baie nuwe velde van wetenskap gelei het."  

– Mark Dennis, Christopher Howls, Jonathan Robbins en Pragya Shukla (2022) in die Journal of Physics A: Mathematical and Theoretical 

  • ​Die Nobel Symposium on Predictability of Science in the Age of Artificial Intelligence sal vanaf 24 tot 28 Oktober 2022 by STIAS aangebied word as die intreesimposium in die 'Nobel in Africa' Simposiumreeks. 
  • Nobel in Africa is 'n gesamentlike inisiatief van STIAS, die Nobel Stigting, die Royal Swedish Academy of Sciences, en die Knut en Alice Wallenberg Stigting, in vennootskap met die Universiteit Stellenbosch. www.stias.ac.za/nobel