Registrasie is nou oop vir die 2022 US-KUGG Globale Gesondheid Kongres: Katalisering van Globale Gesondheidsinnovasies vir Volhoubare Ontwikkeling.
Die kongres, wat aangebied word deur die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW), in vennootskap met die Konsortium van Universiteite vir Globale Gesondheid (KUGG) in die VSA, sal in 'n hibriede formaat aangebied word.
Die virtuele komponent van die kongres sal vanaf 22 tot 25 Oktober 2022 plaasvind, terwyl die in-persoon komponent vanaf 28 tot 30 Oktober by Protea Hotel Techno Park in Stellenbosch sal plaasvind.