Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Krag van perspektief die tema by US se Wêreld-persvryheidsdagviering
Begin: 03/05/2022, 11:00
Einde: 03/05/2022, 12:30
Kontak:Elizabeth Newman - 021 808 3488
Plek: Journalism Department, Crozier Street, Stellenbosch

“Die krag van perspektief" is die 2022-tema van die Department Joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch se viering van Wêreld-persvryheidsdag op Dinsdag 3 Mei.  

Die geleentheid sal bestaan uit 'n paneelbespreking wat fokus op konstruktiewe en oplossingsgebaseerde benaderings tot joernalistiek, insluitend 'n ingeboude “etiek van omgee"-benadering. 

Die paneellede is Adriaan Basson, hoofredakteur van News24, Heather Robertson, redakteur van Daily Maverick168, en Florence de Vries, kommunikasiespesialis en joernalis. Die paneelbespreking sal gelei word deur Lizette Rabe, departementele voorsitter.

Die joernalistiek honneursstudente se jaarlikse koerant LIP sal ook by die geleentheid bekend gestel word. Met hul 2022-uitgawe van LIP wil die BAHons Joernalistiekstudente konvensionele perspektiewe op 'n paar belangrike sosio-ekonomiese kwessies verbreed deur die tradisioneel marginale op die voorpunt te plaas, met die doel om konstruktief by sulke kwessies betrokke te raak deur te soek na oplossingsgebaseerde invalshoeke tot sosio-ekonomiese uitdagings.

Die seminaar vind op Dinsdag 3 Mei 2022 van 11:00 tot 12:30 by die Departement Joernalistiek, Crozierstraat 26 plaas. Covid-19 protokolle sal nagekom word en bywoning is dus beperk. Om bywoning te bevestig, RSVP asseblief teen Vrydag, 29 April, by me Elizabeth Newman by lnewman@sun.ac.za.​