Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Konferensie: Om te boer met koolfstof, grondbewaring en nuwe tegnologie
Begin: 01/06/2022, 08:00
Einde: 03/06/2022, 16:00
Kontak:Patrick - 081 596 5017
Plek: Protea Hotel, Technopark, Cape Winelands

​Wat is die jongste navorsingsbevindings oor boer met koolfstof, grondbewaring en nuwe tegnologie in die landbousektor? Hierdie konferensie bring navorsers en rolspelers in landbou byeen om te gesels oor die rol wat volhoubare landboupraktyke kan speel in die stryd teen globale verwarming.

Van die sprekers is Prof Karin Jacobs, 'n spesialis in mikrobiese ekologie in die Departement Mikrobiologie by die Universiteit Stellenbosch; Felix Reinders, voorsitter van die Globale Raamwerk oor Waterskaarsheid in Landbou; Prof Raymond Auerbach, raadslid van die Landbounavorsingsraad; Dr Johan Strauss, senior wetenskaplike in volhoubare produksiestelselsnavorsing by die US; Dr George van Zijl, 'n grondkundige van NoordWes Universiteit; Prof Pardon Muchaonyerwa, 'n grondkundige van die Skool vir Landbou, Aard- en Omgewingswetenskappe by die Universiteit van KwaZulu-Natal; Egon Zunckel, stigter van Zunckel Please; Dr Garrry Paterson, grondkundige by die Landbounavorsingsraad, Akim Riemer, generaal van die Groen Gorrillas; Gray Maguire, koolstof projek bestuurder by die Climate Neutral Group; Guy Thibaud, grondkundige van UKZN; Heinrich Muller, besproeiingsontwerper by Overberg Agri; André Labuschagne van Syngenta; Prof Gert Venter, internasionale seewater kweekhuis en hidroponika consultant; Dr Lennox Xolile Mtshaki, president van die Black Farmers Association of S​outh Africa; Peter Searll, besturende direkteur van Transformus; Dr Charlene Janion-Scheepers van die Departement Biologiese Wetenskappe by die Universiteit van Kaapstad; asook ’n begeleide besoek aan plase in die omgewing.

Die konferensie word aangebied deur die Universiteit Stellenbosch en Empire Conferencing.