Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Social Sciences Universities' Network Webinar Series
Begin: 18/11/2020, 14:00
Einde: 02/12/2020, 15:00
Kontak:SSUN Website -
Plek: Online

​Die Sosiale Wetenskappe Universiteite Netwerk bevorder samewerking tussen universiteite in talentopleiding, wetenskaplike navorsing, akademiese innovasie, asook die formulering van beleid en regulering. Lid universiteite neem aktief deel aan wêreldwye bestuur en tree op as pasaangeërs van hoër onderwys in die Geesteswetenskappe en Sosiale Wetenskappe. Die netwerk verteenwoordig 'n breë – en toeganklike platform vir navorsers, professore en studente. Dit laat die ontwikkeling van hoë gehalte uitruilprogramme toe en bied geleenthede om gesamentlike navorsingsprojekte uit te voer en akademiese innovasie te bevorder.

 Besoek gerus die webwerf vir meer inligting oor die netwerk en geleenthede wat die universiteite se personeel en studente beskikbaar het: https://ssun.info

 Die SSUN bied tans 'n aanlyn reeks aan om kunsmatige intelligensie vanuit veelvuldige perspektiewe te bespreek en te ondersoek, met die deelname van geleerdes van SSUN-lidinstellings. Vir aanlyn reeks registrasie, kontak ssun@ssun.info

 Prof GJ van Rooyen, Stellenbosch Universiteit, bied op 2 Desember 'n sessie oor 'KI en die Digitale Ekonomie' aan.

Hy gaan 'n kort oorsig gee oor huidige werk- en toekomstige geleenthede om die groot hoeveelhede prokssimaat- en afstandswaarneemdata in die landbou te gebruik om opbrengsvoorspellings te verbeter, gewassiektes te bestuur, ens.

 Aanlyn reeks datums:

*CET, UTC + 1

 18 NOVEMBER 14:00 - 15:10

KI en die Toekomstige Regstaat

 

25 NOVEMBER 14:00 - 15:00

KI en Openbare Bestuur

 

2 DESEMBER 14:00 - 15:00

KI en die Digitale Ekonomie

 

SSUN aanlyn reeks Programbesonderhede