Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Russel Botman-gedenklesing
Begin: 19/10/2020, 19:00
Einde: 19/10/2020, 21:00
Kontak:Marita Snyman - maritasnyman@sun.ac.za
Plek: Online | Aanlyn

​Jy word uitgenooi na die jaarlikse Russel Botman-gedenklesing ter viering van die lewe van prof Hayman Russel Botman en sy visie vir Teologiese Geregtigheid. Die onderwerp van vanjaar se lesing is “Geloofsdiversiteit as Sosiale Geregtigheid: ‘n Intergeloof-pedagogie van hoop tydens die COVID-19-pandemie.”

Die jaarlikse Russel Botman-gedenklesing word aangebied deur die Fakulteit Teologie in samewerking met die Kuratoria van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika en die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, asook die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie.

Datum: Maandag, 19 Oktober 2020
Tyd: 19:00
Plek: Aanlyn (MS Teams)
Spreker: Prof Xolile Simon, Professor van Missiologie by die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch
Respons: Ashwin Afrikanus Thyssen, PhD-kandidaat en tutor, Departement van Sistematiese Teologie en Ekklesiologie, Universiteit Stellenbosch
RSVP: Stuur ‘n e-pos aan alumni@sun.ac.za teen Donderdag, 15 Oktober 2020


(Die skakel na die geleentheid sal op Vrydag, 16 Oktober 2020 per e-pos gestuur word.)

Ook op die program:

Ons sien uit daarna om jou aanlyn te verwelkom.