Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ekonomie-eeufees
Begin: 09/10/2020, 13:30
Einde: 09/10/2020, 16:00
Kontak:www.econcentenary.com - -
Plek: Online / Aanlyn

​Die Departement Ekonomie by die Universiteit Stellenbosch nooi jou na 'n aanlynviering van die Departement se eeufees.

Die aanlyngeleentheid vind op 9 Oktober van 13:30 tot 16:00 plaas en sluit 'n paneelbespreking in met onder meer Suid-Afrika se finansiesminister (en ereprofessor), mnr Tito Mboweni, oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Die webinaar sal afgesluit word met 'n praatjie deur die Nobel-pryswenner van 2019, Abhijit Banerjee, hoogleraar in Ekonomie by MIT, oor Good economics in hard times.

Die funksie is gratis, maar gaste moet vooraf daarvoor registreer.

Program:

13:30  Opening:

  • ​​Verwelkoming (prof Stan du Plessis);
  • Die Departement: Die verlede en nou (prof Andrie Schoombee)
  • Die Departement: Die toekoms (prof Ada Jansen)

14:00-15:00  Die Suid-Afrikaanse ekonomie (mnr Tito Mboweni, prof Rachel Jafta, prof Haroon Borat, mnr Sizwe Nxedlana, en prof Nicola Theron as moderator)

15:00-16:00  'n Goeie ekonomie in moeilike tye (prof Abhijit Banerjee)

  • Die Departement Ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch is een van die oudste ekonomie-departemente op die vasteland van Afrika. Besoek die Departement se eeufees-webtuiste by www.econcentenary.com vir verdere inligting oor sy beleidsverwante navorsing en toekomsplanne.

  • Om vir die webinaar te registreer, kliek hier.