Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Webseminaar vir graad 11 leerders
Begin: 15/10/2020, 17:00
Einde: 15/10/2020, 18:00
Kontak:Centre for Student Recruitment and Career Advice -
Plek: SchoolScape

Wat maak Universiteit Stellenbosch uniek en wat behels die aansoekproses?

Hierdie webseminaar sal aangebied word deur die adviseurs van die Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies by Universiteit Stellenbosch en is gemik op graad 11 leerders, ouers en Lewensoriëntering onderwysers.

Die hoof doel is om ʼn oorsig te bied oor die Universiteit in die algemeen; die aansoek proses en programme wat aangebied word. Deelnemers sal ook ʼn geleentheid kry om vooraf vrae in te stuur wat tydens ʼn vraag-en-antwoord sessie bespreek sal word.

Datum: 15 Oktober 2020
Tyd: 17:00

Wil jy graag hierdie geleentheid bywoon? Registreer hier:

Engelse sessie: https://bit.ly/36gyQ1K 
Afrikaanse sessie: https://bit.ly/2S5vKoS

Bespreek nou om teleurstelling te voorkom!