Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Internasionale spreker gesels oor geslag en wiskunde
Begin: 10/08/2020, 12:00
Einde: 10/08/2020, 13:00
Kontak:Dr Karin-Theresa Howell - Register at https://forms.gle/ZSHRuYyqNVukCM7i9
Plek: Online seminar

Dr Eugenia Cheng is die gasspreker vir die Afrika-vroue in Wiskunde-seminaar op Maandag 10 Augustus 2020.​

Dr Cheng is 'n vooraanstaande wiskundige, pianis en skrywer van verskeie boeke, waaronder A Mathematician's manifesto for rethinking gender (2020), How to bake Pi (2015), Beyond Infinity (2017) en The Art of Logic in an Illogical World (2018). Cheng is verbonde aan die School of the Art Institute of Chicago, en is 'n genoot by die Universiteit van Sheffield en besoekende genoot by City University in London. Kom meer te wete van haar in hierdie in-diepte biografiese onderhoud op BBC's Life Scientific.

Die doel van die aanlyn Afrika-vroue in Wiskunde-seminaar is om vroue wiskundiges in Afrika aan mekaar en aan internasionale sprekers bloot te stel en geleentheid te bied vir samewerking. Die jaarlikse seminaar word deur die US se Departement Wiskundige Wetenskappe aangebied.

Enigiemand met 'n belanstelling in wiskunde en geslag is welkom om die aanlyn seminaar by te woon. Registreer by https://forms.gle/ZSHRuYyqNVukCM7i9