Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Professionele kommunikasie
Begin: 17/09/2024, 09:00
Einde: 22/10/2024, 12:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Seminar Room of the Language Centre, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch.

Waarop fokus hierdie kortkursus?

Hierdie aanlyn kortkursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, bied ʼn inleiding tot die spesifieke kommunikasiekennis en -vaardighede wat ʼn mens nodig het om kommunikasieverwante take suksesvol af te handel. 

Na afloop van die kortkursus, sal jy:

  • boodskappe kan ontleed deur ʼn metode bekend as die vierkant-kommunikasiemodel in te span

  • die betoog in kommunikasieboodskappe kan herken en krities kan beoordeel

  • jou mondelinge aanbiedings selfs boeiender kan maak

  • vir effektiewer professionele gesprekke kan voorberei en hulle optimaal struktureer

ʼn Sertifikaat van bywoning sal aan alle deelnemers uitgereik word.

Wie is die aanbieder?

Prof Carel Jansen is ʼn emeritusprofessor in Kommunikasie- en Inligtingstudies aan die Universiteit van Groningen se Fakulteit Lettere in Nederland. Hy is ook ʼn US Taalsentrum-navorsingsgenoot. Lees meer oor hom hier: http://bit.ly/31MnpJx

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

As jy duidelike en praktiese riglyne soek om besigheidskommunikasie met selfvertoue aan te pak, dan is hierdie die kortkursus vir jou! Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker.

Is daar enige voorvereistes?

Jy sal ʼn rekenaar moet hê wat ons aanlyn platforms (MS Teams, Zoom en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep.

Waar en wanneer vind dit plaas?

Ons kursusse kombineer kontaksessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen

.Kursusse open voor die eerste kontaksessie plaasvind en sluit lank ná die laaste kontaksessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind. Indien kontakkursusse nie moontlik is nie, word hierdie kursus aanlyn aangebied.

Die twee oggendsessies vind plaas tussen 09:00 en 12:00 in die Taalsentrum se Seminaarkamer by Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch op die volgende datums:​

 

Kontaksessies

(09:00 tot 12:00)

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Skryf in voor
Kursus 1:8 en 15 Oktober
17 September tot 22 Oktober
17 September

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

  • twee oggendsessies van 3 ure elk
  • ongeveer twee uur per week op leeswerk, of om take en aktiwiteite op eie stoom te voltooi.

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R3 850 per deelnemer, wat kursusmateriaal, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieder en toegang tot die aanlyn platforms insluit.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ʼn minimum van tien kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig. 

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm ind​ien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.

​Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters ​vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.