Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FGGW Galakonsert kaartjieverkope nou oop
Begin: 27/09/2019, 19:00
Einde: 27/09/2019, 22:00
Kontak:Meggan Ceylon - 0219389202
Plek: Hugo Lambrechts Auditorium

​Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe se gewilde Galakonsert vind op Vrydagaand 27 September plaas.

Dit beloof weereens om 'n aand propvol vermaak vir elke smaak te wees. Die Stellenbosch Universiteit Mediese Orkes se uitvoering sal klassieke en kontemporêre gunstelinge insluit, en u kan ook uitsien na spesiale solo-optredes. 

Die Tygerberg Gospelkoor sal weer op die planke wees en ons Kampus se sanggroepe gaan 'n verskyning maak. En moenie vergeet van die dansnommers, poësie, kuns en meer nie. 

 

 


Kaartjies is nou aanlyn beskikbaar beskikbaar by www.webtickets.co.za of by die TSR-winkel op ons kampus. Kaartjies vir volwassenes kos R60 en R30 vir pensienarisse, studente en kinders onder 12. Maak seker u het kaartjies voor dit uitverkoop is!

Navrae kan gerig word aan Meggan Ceylon by 021-938-9202 of meggan@sun.ac.za.

Bring gerus u vriende en familie saam en kom sluit aan vir hierdie viering.