Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
‘n CV Skryf Werksessie
Begin: 11/10/2018, 13:00
Einde: 11/10/2018, 14:00
Kontak:Delisha van Neel - 021 808 3568
Plek: 43 Victoria Street, Career Services,

ʼn CV is die eerste belangrike stap vir enigiemand om toegang tot die wêreld van werk te kry. Om te verseker dat ons studente nie ʼn gemiddelde CV indien nie, maar hul kanse om vir ʼn onderhoud genooi te word, verhoog, het ons ʼn reeks sessies ontwikkel om hulle te ondersteun.

Die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste bied die volgende sessies aan om studente te help om hulle beter voor te berei vir toetrede tot die wêreld van werk, CV Skryf, Dekbrief Skryf en Onderhoudsvaardighede en Persoonlike Branding. Die sessies word aangebied in groter groepe van 15, kleiner groepe van 5 vir beter interaksie en indien die behoefte ontstaan, individuele sessies.

Ten einde ʼn meer direkte en geïndividualiseerde benadering in beide die kleiner en individuele sessies te verseker, word studente aangemoedig om hu konsep CV ten minste 3 dae voor die tyd te epos, sodat die fasiliteerder die sessie kan aanpas vir die persoonlike behoeftes van die bywoners.

Epos asb. jou konsep CV aan Thobeka Msi by stm@sun.ac.za

Kursus onkostes en Betalingsprosedure

Alhoewel daar geen kostes verbonde is aan hierdie werksessies nie, is dit baie belangrik dat studente moet registreer vir die werksessie(s) by die Eenheid vir Graduandi-loopbaandienste, Victoriastraat 43. Registrasie vir die werksessies maak oop Maandag 22 Februarie 2016.

Kontak gerus vir Delisha van Neel by 021 808 3568, indien jy meer inligting oor die sessies benodig. dvanneel@sun.ac.za