Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skryf vlymskerp sakeverslae
Begin: 01/07/2020, 09:00
Einde: 03/07/2020, 16:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Language Centre Seminar Room, Kleine Bosch, 44 Banhoek Road, Stellenbosch

Waarop fokus hierdie kursus?

Hierdie kursus, aangebied deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, sal jou met die vaardigheid toerus om moderne sakeverslae te skryf. Jy sal die hoofdoel van ʼn verslag kan identifiseer; met ʼn stap-vir-stap-benadering sal jy jou inhoud strategies kan beplan en uiteensit; en jy sal die kundigheid hê om logiese dokumente te skep.

Die kursus sal jou help om:

  • verskillende tipes verslae te verstaan en te besluit watter tipe jou doel die beste sal dien
  • jou verslag en die verslagskryfproses te beplan
  • inligting te kies en te orden
  • formatering, selfrevisie en redigering tot voordeel van jou verslag te gebruik.

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Enige vereistes?

Jy sal ʼn rekenaar nodig hê om elektroniese dokumente te skep, asook toegang tot die internet. Hierdie is nie ʼn intreevlakkursus nie en ervaring in verslagskryf word sterk aanbeveel.

Waar en wanneer vind dit plaas?

Hierdie driedagkursus vind plaas van 09:00 tot 16:00 op die volgende datums in die Taalsentrum se Seminaarkamer in Kleine Bosch, Banhoekweg 44, Stellenbosch: 1, 2 en 3 Julie.

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812.

Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.​