Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Deep Learning Indaba
Begin: 09/09/2018, 08:00
Einde: 14/09/2018, 18:00
Kontak:Dr Willie Brink - +27 _21 808 4218
Plek: Stellenbosch University

Aansoeke is nou oop vir deelname aan Google se tweede Deep Learning Indaba wat van 9 tot 14 September 2018 by Stellenbosch Universiteit plaasvind.

Die doel van die Indaba, slegs die tweede van sy soort om in Afrika plaas te vind, is om die basiese vaardighede vir masjienleer in Afrika te vestig, en om navorsers in Afrika se deelname in dié vakgebied aan te moedig. Tot op datum was Afrika onverteenwoordig in terme van bywoning en deelname aan die internasionaal leidinggewende masjienleer konferensies.

Dr Willie Brink, 'n toegepaste wiskundige by die US en een van die organiseerders, sê die Indaba sal die vorm aanneem van 'n Lenteskool, met gevorderde lesings deur wêreldbekende spesialiste, praktiese sessies en sosiale geleenthede in die aand. Enige studente, postdoktorale genote, navorsers, en kleiner spelers in die industrie vanaf Afrika en die res van die wêreld is welkom om aansoek te doen.

“Ons is veral op soek na individue met 'n passie vir masjienleer, en vir wie dit 'n saak van erns is om masjienleer in Afrika te versterk," voeg hy by.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 April 2018. Die registrasiekoste is R5000 vir algemene deelnemers en sluit in deelname aan lesings en praktiese sessies, middagetes, koffie pouses en sosiale geleenthede. Daar is geen registrasiefooi vir studente nie. Studente kan ook aansoek doen vir geldelike ondersteuning om vervoer- en verblyfkostes te dek.

Klik hier vir meer inligting of om aansoek te doen - http://www.deeplearningindaba.com/apply.html

Navrae:

Dr Willie Brink

Departement Wiskundige Wetenskappe, Universiteit Stellenbosch

T: 027 _21 808 4218

E: wbrink@sun.ac.za