Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Tuiskoms Familiedag
Begin: 03/03/2018, 10:00
Einde: 03/03/2018, 12:00
Kontak:Marvin Koopman - 021 808 9265
Plek: Coetzenburg
Bring die hele gesin en bederf al jou sintuie! Op 3 Maart is Coetzenburg se spyskaart is feestelik met diverse musiek, geurige kos en voortreflike vermaak. Vanjaar is daar twee verhoë met iets vir ’n ieder en ’n elk. Bring jou eie stoel en kombers en maak jou gemaklik voor die buitelugkonserte afskop.

Verskeie plaaslike orkeste en ’n masala-mengelmoes van immergewilde sangers laat die voete behoorlik jeuk. Kom geniet gesonde en veilige gesinsvermaak met stalletjies en mallemeulens, en vir die volwassenes is daar die bier-enwyntent.

Dié prettige Familiedag is beslis groot waarde vir jou geld! En as jy liefs jou eie koelboks kos (maar sonder ’n glas of alkohol) wil saambring, kan jy ’n koelbokskaartjie deur Computicket koop.