PARKERING EN AANSOEK OM PARKERING

  • Die verskillende soorte parkering op universiteitsgronde en die kostes wat daarmee gepaard is op die US-webblad by http://www0.sun.ac.za/sustainability/pages/afrikaans/tuis.php beskikbaar.
  • Gedurende registrasie sal studente elektronies vir parkering kan aansoek doen en ook hul voertuie registreer. Let asb op dat ʼn suksesvolle aansoek nie ʼn spesifieke parkeerplek waarborg nie.
  • Die jaarlikse parkeerheffing sal teen die student se rekening gedebiteer word.
  • Studente se aandag word daarop gevestig dat daar deur die jaar elektronies aansoek gedoen kan word om toegang tot parkering. Toekennings van gereserveerde plekke by koshuise en ander US-behuising vind egter eenmalig aan die begin van die jaar plaas op grond van die aansoeke wat ontvang is en die koshuise en US-behuising se spesifieke toekenningskriteria. 
  • Slegs geregistreerde voertuie mag op die universiteitsgronde geparkeer word.

Navrae:  Me E van der Merwe, tel 021 938 9351