Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Navigasie-toep vir Stellenbosch-kampus

Hierdie slimfoon- en tabletrekenaar-toepassing ("toep" of "app") plaas ons Stellenbosch-kampus in die palm van jou hand. Laai dit gratis af van die App Store of iTunes (vir iOS) en Google Play (vir Android). Soekfrase: "SU Facilities".

Die toep stel jou in staat om klaskamers maklik te vind, geboue en fasiliteite te verken, inligting te kry oor kampusvervoer, en enige probleme te rapporteer by Fasiliteitsbestuur se hulptoonbank.  Met die interaktiewe kaart – ʼn eerste vir ʼn SA-universiteit – kan jy virtueel deur die kampus toer.

 ​ʼn Toevoeging wat baie gewild is, is ʼn geïntegreerde lys eksamenroosters en -lokale.