PARKERING EN AANSOEK OM PARKERING​


Parkering op die Stellenbosch- en Tygerbergkampus is skaars. Maak dus gebruik van een van die volgende opsies eerder as om jou voertuig kampus toe te bring:

Fietse

  • Huur 'n Matie-fiets of bring jou eie fiets kampus toe.
  • Registreer jou fiets gratis by Kampussekuriteit, dan kry jy toegang tot veilige fietsloodse. Registrasie help ook om jou op te spoor indien jou fiets gesteel en dan teruggevind word.

Kampuspendeldiens

  • Kry al die roetes, optelpunte en dienstye hier.

Saamryklubs

  • Ry eerder saam as om jou eie vervoer te gebruik. Sluit aan by Findalift, 'n private, gratis aanlyndiens wat veilige saamrygeleenthede aan Maties bied. Registreer op Findalift se webwerf en kry 'n saamrygeleentheid by iemand wat dieselfde roete as jy ry.

Parkering

  • Daar is verskillende soorte parkering op universiteitsgronde. Die kostes wissel
  • Kry nog inligting oor kampusparkering.
  • Net geregistreerde voertuie mag op universiteitsgronde geparkeer word.
  • Jy kan gedurende registrasie elektronies vir parkering aansoek doen en ook jou voertuig registreer. Let asb op dat  ʼn suksesvolle aansoek nie ʼn spesifieke parkeerplek waarborg nie.
  • Die jaarlikse parkeerheffing sal teen jou rekening gedebiteer word.
  • Let daarop dat jy deur die jaar elektronies aansoek kan doen om toegang tot parkering. Doen a​ansoek. Toekennings van gereserveerde plekke by koshuise en ander US-behuising vind egter eenmalig aan die begin van die jaar plaas op grond van die aansoeke wat ontvang is en die koshuise en US-behuising se spesifieke toekenningskriteria. 

Navrae                  

  • ​US Kliëntediens, tel 021 808 9111​