Nasionale Normtoetse (NNT)

Die Nasionale Normtoets (NNT) is van toepassing op voornemende eerstejaarstudente aan die US.

Besoek gerus www.maties.com (klik op “Aansoek” > “NNT”) om seker te maak of daar van jou vereis word om die NNT te skryf.

Indien jy nog nie die NNT teen die laaste amptelike toetsgeleentheid op 4 Januarie 2020 geskryf het nie, kan jy ʼn e-pos stuur na eloize@sun.ac.za of 021 808 4704 skakel en ʼn afspraak maak om dit op Saterdag 25 Januarie op Stellenbosch af te lê.

Besprekings kan tot 17 Januarie 2020 gemaak word. Vir alle NNT-verwante besonderhede en besprekings, besoek asseblief die amptelike NNT-webtuiste by www.nbt.ac.za.