Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Loopbaanontwikkeling


Eerstejaarstudente kan die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) se diens gebruik vir verdere ondersteuning met hul loopbaanontwikkelingsproses. Dit kan die bevestiging van 'n moontlike programkeuse sowel as 'n moontlike verandering van programkeuse insluit.

Stellenbosch-studente kan die SSVO by tel 021 808 4707 skakel of Victoriastraat 37 (nr 8 op die Stellenbosch-kampus kaart) besoek om 'n afspraak te maak.

Tygerberg-studente kan die SSVO by tel 021 938 9590 skakel of die Tygerberg-kantoor op die 3de vloer van die Tygerberg Studentesentrum besoek om ʼn afspraak te maak (nr 10 ​op die Tygerberg-kampus kaart).