Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Twee maniere om as student te registreer

​​

Daar is twee verskillende maniere beskikbaar waarvolgens jy amptelik as student van die Universiteit in Januarie 2019 kan registreer.

  • selfregistrasie (e-registrasie), of
  • die registrasieproses in NARGA op die Stellenbosch-kampus, of GERGA op die Tygerberg-kampus vir studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe.


SELFREGISTRASIE (E-REGISTRASIE)

  • Indien jy die Nasionale Senior Sertifikaat of die IEB-sertifikaat verwerf het, sal jy van selfregistrasie gebruik kan maak.
  • Selfregistrasie van eerstejaarstudente kan vanaf 14 Janua​rie 2019 tot die tydgleuf wat hulle in NARGA of GERGA moet registreer, plaasvind.
  • Selfregistrasie kan gedoen word vanaf enige rekenaar met internettoegang ​

Jy sal dan net jou studentekaart in die Studentesentrum (Neelsie) op Stellenbosch in die tydgleuf wat vir jou fakulteit se registrasie in NARGA bepaal is, of in GERGA indien jy op Tygerberg is, moet gaan kry.

Kandidate uit ander skoolstelsels kan nie self registreer nie. Dit sal wel baie nuttig wees indien kandidate uit ander skoolstelsels hulle finale skooluitslae, asook die sertifikaat van universiteitsvrystelling wat by die SA Matrikulasieraad verkry moet word, indien dit reeds verkry is, kan stuur na info@sun.ac.za. Jou studentenommer moet daarmee saam verskaf word.


NARGA of GERGA-registrasie

  • Vir Tygerberg-kampus vind GERGA-registrasie reeds op Vrydag 25 Januarie plaas
  • NARGA-registrasie vir Stellenbosch-kampus vind per fakulteit, ingedeel in tydgleuwe, op Maandag 28 en Dinsdag 29 Januarie plaas.
  • Let asseblief daarop dat eerstejaarstudente wat nie op hierdie datums geregistreer het nie en spesiale toestemming kry om nog te mag registreer (die program waarvoor jy wil registreer mag dalk reeds vol wees), later in die week saam met die senior studente van hulle fakulteit in NARGA moet registreer.
  • Eerstejaarstudente wat later as dit registreer, sal 'n heffing van R500 moet betaal, met dien verstande dat hulle betyds toestemming by die betrokke Fakulteitsadministrateur gekry het om laat te registreer. 


Indien jy in NARGA of GERGA gaan registreer, moet jy die volgende oorspronklike dokumente toon wanneer jy in jou fakulteit se geskeduleerde registrasie-tydgleuf daar aanmeld:

1.    Uitslagadvies van die 2018 NSS- of IEB-skooleindeksamen.
2.    NSS- of IEB-kandidate wat in 2017 of vroeër gematrikuleer het: Nasionale Senior Sertifikaat.
3.    Kandidate uit ander skoolstelsels: skooleindsertifikaat/e en universiteitvrystellingsertifikaat uitgereik deur die SA Matrikulasieraad.
4.    Kandidate wat by ander universiteite studeer het: Die dokument/e by 2 of 3 hierbo genoem, sowel as 'n volledige studierekord en bevredigende gedragsertifikaat          van die betrokke universiteit.
5.    Indien jy nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie: 'n geldige studiepermit.

Let asseblief op die kennisgewing oor die aflê van die Nasionale Normtoetse.​


* LAAI Registrasie-inligting af vir studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe