Vind jou weg op kampus

Dis maklik om op kampus rond te beweeg – ongeag of dit te voet, op ’n fiets of in ’n motor is. Vind uit hoe jy ’n Matiefiets kan huur en om parkeerplek kan aansoek doen, en laai die Stellenboschkampuskaarte af.

Kampuskaarte

Laai die Stellenboschkampus-toepassing gratis van die App Store of iTunes (vir iOS) en Google Play (vir Android). Gebruik die soekfrase "SU Facilities". Jy kan ook die kampuskaart aflaai​.

Matiesfiets

As jy op soek is na ’n gerieflike vervoermiddel, huur ’n Matiefiets. Vind hier uit hoe jy ’n Matiefiets kan huur. Jy kan ook jou eie fiets kampus toe bring en in ’n veilige fietsloods bêre.

Parkeerplek

​​Parkeerplek op kampus is beperk. Koshuisstudente moet aansoek doen vir ’n parkeerplek by die koshuis, en privaatstudente vir ​’n plek in ’n algemene parkeerterrein. Klik hier om die aanlyn parkeeraansoekvorm in te vul.