COVID-19 (Koronavirussiekte 2019)
Die Universiteit Stellenbosch (US) hou die gebeure rondom die uitbreking van die koronavirussiekte (COVID-19, veroorsaak deur die nuwe koronavirus SARS-CoV-2) wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as ’n wêreldwye pandemie verklaar is, baie fyn dop.
Ons COVID-19-gebeurlikheidskomitee, wat in Februarie op die been gebring is, is uitgebrei tot ’n oorhoofse Institusionele Komitee vir Bedryfsvoortsetting. Dié liggaam ontvang insette van ’n mediese advieskomitee en sewe werkstrome: studentedienste; personeel; leer en onderrig; kommunikasie, gemeenskapsimpak en eksterne betrekkinge; kampusbedrywighede; finansiële en regsaangeleenthede; asook navorsing.
Ons doen alles moontlik om te sorg dat ons studente hul akademiese jaar kan voltooi en dat die Universiteit volhoubaar bly.
Bly op hoogte van die jongste nuus wat via ons amptelike kommunikasiekanale oorgedra word.
Riglyne vir inperking in Suid-AfrikaWêreldgesondheidsorganisasie: COVID-19 situasieverslae
Hulpsentrums
Personeel en studente wat vrees dat hulle dalk besmet is, kan Kampusgesondheid skakel. Bel jou dokter om hulle te laat weet dat jy siek is, sodat hulle kan voorberei om jou veilig en doeltreffend te ontvang.
Stellenbosch-kampus
021 808 3496/3494Tygerberg-kampus
021 938 9590Noodnommer vir ná ure
076 431 0305Publieke
hulplyn
0800 029 999
Provinsiale
hulplyn
021 928 4102
WhatsApp
nommer
060 012 3456