Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: ‘n Gay Agenda: Kwellende verpligte heteroseksualiteit in ‘n Suid-Afrikaanse universiteitsklas
Begin: 22/02/2022, 12:45
Einde: 22/02/2022, 13:45
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717
Plek: MSTeams

​Die Sentrum vir Onderrig en Leer nooi jou uit na Auxin.

 

Die Onderwerp

'n Gay Agenda:  Kwellende verpligte heteroseksualiteit in 'n Suid-Afrikaanse universiteitsklas 

Nie net lei onderrig in die diversiteit van gender en seksualiteit tot interessante en dikwels emosioneel evokatiewe pedagogiese gedagtewisselings nie, dit kan ook uitdagende vraagstukke vir sowel onderwysers as studente skep. Hierdie Auxin-aanbieding fokus op die uitkomste wanneer 'n module oor verpligte heteroseksualiteit en skoolopleiding in 'n voorgraadse sosiologieklas ter sprake kom. Van selfs groter belang is die ontleding wat aangebied word oor die kritiese insidente en spanninge wat spesifiek verband hou met hoe mag, kennis en emosie in onderrig en leer na vore kom. Deur die gebruik van teenonderdrukkende en affekte-teorieë lewer hierdie Auxin aanbieding 'n ontleding van hoe ons pedagogiese praktyk kan verstaan, veral wat betref die aanpak van die mag van normatiewe heteroseksualiteit in 'n universiteitsklaskamer. Deur besinnings oor kwessies wat in die module aangeroer word, argumenteer die aanbieder ten gunste van sosiologiese teoretisering, asook die ontleding van die rol van affek in pedagogieë wat bevrydende onderrig en leer in die opvoedingsveld van anti-heteroseksisme wil bevorder.​

Die Spreker 

Dennis Francis is 'n Suid-Afrikaanse vakkundige en aktivis wie se werk vraagstukke in verband met gender, seksualiteite en opvoeding aanpak. Dennis is 'n voormalige Dekaan van Opvoedkunde en tans Professor in Sosiologie aan die Universiteit Stellenbosch, Suid-Afrika. Francis se navorsing oor die sosiologie van opvoedkunde fokus op hoe opvoedkundige strukture, diskoerse en praktyke sis heteronormatiwiteit en sosiale ongelykheid in skole weergee, en hoe dit weerstaan en uitgedaag word. Francis se mees onlangse werke is Troubling the Teaching and Learning of Gender and Sexuality Diversity in South African Education (in die boekereeks Queer Studies and Education, Palgrave Macmillan, 2017); en Queer Social Movements and Outreach Work in Schools: A Global Perspective (ook in die boekereeks Queer Studies and Education, Palgrave Macmillan, 2020, mederedakteur met Jón Ingvar Kjaran en Jukka Lehtonen. Prof Francis se volgende boek (2022 in druk) is getiteld Queer Activism in South African Education: Disrupting Cis(hetero)normativity in Schools, onder kontrak met die boekereeks Routledge Critical Studies in Gender and Sexuality in Education.

Wanneer 

22 Februarie 2022, 12:45 - 13:45

 

Waar 

Microsoft Teams meeting
Join on your computer or mobile app
Click here to join the meeting

Join with a video conferencing device
529319312@t.plcm.vc

Video Conference ID: 127 897 939 0
Alternate VTC instructions ​​

 

Navrae & Besprekings

Lucy Lucks
llucks@sun.ac.za
021 808 3717

Dis nie nodig om te RSVP of te bespreek nie, sluit net aan op MSTeams.​


Lees hier meer oor Auxin​​