Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch University Institutional Audit: 2021-2022

Tydlyn

Selfevalueringsvergaderings en oorlegpleging om die US se institusionele oudit-selfevalueringsverslag (SEV) goed te keur

  • 14 Junie 2021

    Rektoraat het die Raamwerk vir Institusionele Oudits 2021 bespreek, ʼn gepaste omvang vir die oudit oorweeg, die Konsep- Institusionele Ouditvergaderingsagenda goedgekeur en kennis geneem van die Handleiding vir Institusionele Oudits 2021.

  • 21 Julie 2021

    RHO het met Rektoraat vergader om die US se institusionele oudit te inisieer

  • 05 Augustus 2021

    Rektoraat het ankerdatums vir die institusionele oudit bevestig en die samestelling van die projekbestuurspan en die beheergroep goedgekeur

  • 7 September 2021

    Beheergroep het kennis geneem van die RHO se versoek vir ʼn vroeër SEV-voorleggingsdatum: 30 Junie 2022, het die US-konsepmandaat vir die Institusionele Ouditbeheergroep goedgekeur, het die proses vir die aanstelling van ʼn selfevalueringskomitee (SEK) bevestig, het kennis geneem van sy konsepmandaat en van die aanvanklike sinmakende Ouditvoorbereidingsvraelys-dokument en het die projekplan goedgekeur

  • 01 Oktober 2021

    1ste vergadering: Selfevalueringskomitee het die opdrag, RHO-dokumente en die konsepprojekplan bespreek en die US-mandaat van die institusionele ouditselfevalueringskomitee goedgekeur

  • 26 Oktober 2021

    Beheergroep het die konsepbegroting bespreek en aanbeveel dat die projekbestuurspan by die gebeurlikheidsfonds aansoek doen, asook kennis van die konsepkommunikasieplan geneem

  • 29 Oktober 2021

    2de vergadering: Selfevalueringskomitee het die SEV- sinmakende dokument, institusionele profiel, strategiese bestuursaanwysers en fakulteitstelkaarte, terugvoer van universiteitsgemeenskappe en bydraes tot die portefeulje van bewyse (PvB) oorweeg

  • 30 November 2021

    3de vergadering: Selfevalueringskomitee het die vereenvoudigde SEV-templaat oorweeg wat fakulteite moet voltooi, terugvoer oor vordering verskaf, institusionele opnames oorweeg en uitdagings en instaatstellers bespreek rakende kollektiewe sinmakende benaderings wat gevolg is

  • 25 Januarie 2022

    4de vergadering: Selfevalueringskomitee het die vordering na ʼn rowwe konsep van ʼn SEV bespreek, asook oorlegplegingsroetes en die voorlegging van voltooide, vereenvoudigde SEV-template

  • 22 Februarie 2022

    5de vergadering: Selfevalueringskomitee het die rowwe konsep van die SEV oorweeg en daartoe bygedra en kennis van die oorlegplegingstydlyn geneem

  • 23 Februarie 2022

    Rowwe SEV-konsep na beheergroep

  • 28 Februarie 2022

    Beheergroepvergadering het kennis geneem van die voorgestelde tydlyn vir oorlegpleging met studente en belangegroepe en het die rowwe SEV-konsep, wat as konsep 1 uitgereik sal word, gelees en daarop kommentaar gelewer

  • 01 Maart 2022

    SEV-konsep 1 na die Institusionele Forum, Senaat en Raad en via ʼn bulletin aan alle personeellede en studente uitgereik, saam met MS-vorm om te voltooi

  • 09 Maart 2022

    Institusionele Forum het SEV-konsep 1 bespreek

  • 18 Maart 2022

    Senaat het SEV-konsep 1 bespreek

  • 23 Maart 2022

    6de vergadering: Selfevalueringskomitee het die dokument Op pad na SEV-konsep 2 bespreek

  • 06 April 2022

    SR het SEV-konsep 1 in oorleg met Akademiese Sakeraad en ander liggame bespreek

  • 11 April 2022

    Raad het SEV-konsep 1 bespreek

  • 13 April 2022

    7de vergadering: Selfevalueringskomitee het die dokument Op pad na SEV-konsep 2 en die PvB as SEV-konsep 2 gefinaliseer

  • 20 April 2022

    SEV-konsep 2 en PvB gefinaliseer en aan beheergroep voorgelê

  • 25 April 2022

    Beheergroep het SEV-konsep 2 bespreek en PvB sal vir finale oorlegpleging en goedkeuring aan die Institusionele Forum, Senaat, SR en Raad uitgereik word

  • 26 April 2022

    SEV-konsep 2 en PvB aan die Institusionele Forum, Senaat en Raad en via ʼn bulletin aan alle personeel en studente uitgereik

  • 10 Mei 2022

    Institusionele Forum het SEV-konsep 2 en PvB vir goedkeuring aanbeveel: met wysigings

  • 03 Junie 2022

    Senaat het SEV-konsep 2 en PvB vir goedkeuring aanbeveel: met wysigings

  • 20 Junie 2022

    Raad het SEV-konsep 2 en PvB vir goedkeuring aanbeveel: met wysigings

  • 24 Junie 2022

    8ste vergadering: Selfevalueringskomitee het die wysigings oorweeg en het die SEV en PvB vir voorlegging aan die RHO gefinaliseer

  • 30 Junie 2022

    SEV en PvB aan die RHO gestuur