Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Medemenslikheid

Meer oor Medemenslikheid

Medemenslikheid is 'n interdissiplinêre module wat jou 'n unieke geleentheid bied om met studente van ander dissiplines 7 kritiese vraagstukke te ondersoek. Die module bied jou die geleentheid om vaardighede te ontwikkel wat jou in staat sal stel om by te dra tot die vorming van gemeenskappe vir die ontwikkeling van sosiale geregtigheid. Jy sal besin oor die menslike toestand, die vermoë daarvan om onregverdige stelsels te herhaal, tesame met die beperkende oortuigings daarvan. Jy sal krities met die begrip burgerlike leierskap en die vorming van 'n robuuste demokrasie as 'n meganisme vir sosiale geregtigheid omgaan. Deskundiges en wêreldbekende leiers sal jou lei en uitdaag om krities te dink oor jou standpunte, die implikasies en die gevolge daarvan vir jouself, ander en die samelewing.

 

Struktuur van Module:

Aanlynmodus bestaande uit 7 lesse in kritiese vraagstukke

Voorkeur word verleen alle voorgraadse studente van 2de-jaar en daarna, in alle fakulteite en dissiplines

Duur van kursus: 10 April - 14 September 2021

 

Modulevaardighede:

Menseregte: Sosiale Geregtigheid | Burgerskap: Grondwetlike Geletterdheid |

Kritiese Denke: Kritiese Redenasie; Persoonlike Opinie en Leervaardigheid

 

Moduletemas:

7 LESSE IN KRITIESE VRAAGSTUKKE TABLE.png

Aansoekproses: Kliek hier om aansoek te doen​

Sluitingsdatum vir aansoeke: 03 April 2021

Koste van die module: Geen finansiële koste nie, slegs jou tyd en verbintenis tot voltooiing.

Vir meer inligting: Fanelesibonge Ndebele fanele@sun.ac.za of Ramone Comalie ramone@sun.ac.za​