Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Subsidiering van kreatiewe uitsette en innovasie: nuwe DHOO beleid en US proses

Neem asb kennis van die feit dat die Departement van Hoër Onderwys & Opleiding (DHOO) ‘n nuwe beleid ten opsigte van die subsidiëring van kreatiewe uitsette en innovasie bekendgestel het (sien http://www.sun.ac.za/afrikaans/research-innovation/Research-Development/Pages/creative-outputs.aspx?TermStoreId=d4aca01e-c7ae-4dc1-b7b2-54492a41081c&TermSetId=b87eb19e-e69f-4c6f-8c57-6ef2cdfbfed7&TermId=75e5b5f9-c884-44bc-8b82-8d1adaa5eb45 ). Die res van hierdie kennisgewing fokus slegs op kreatiewe uitsette aangesien DHOO nog inproses is om die besonderhede rondom die voorlegging van uitsette in die kategorie innovasie (en spesifiek patente en  planttelersregte) uit te klaar.U sal meer inligting daaroor ontvang sodra ons amptelik in kennis gestel is hieromtrent.

 

Die US honoreer en befonds reeds `n geruime tyd al kreatiewe uitsette intern, maar vanaf 2019 sal dit voortaan geskied binne die riglyne van die nuwe DHOO beleid.

 

Kategorieë wat kwalifiseer vir subsidie:

-          Skone Kuns & Visuele Kuns (p7 van die beleidsdokument)

-          Musiek (p8 van die beleidsdokument)

-          Teater, Opvoerings & Dans (p12 van die beleidsdokument)

-          Ontwerp (sluit in ontwerpe in argitektuur, kommunikasie, grafiese ontwerp, tekstiel, ens. Sien p14  van die beleidsdokument)

-          Rolprent & Televisie (p10 van die beleidsdokument)

-          Literêre Kuns (p16 van die beleidsdokument)

 

Inligting wat ingedien moet word indien ‘n kreatiewe uitset vir subsidie voorgelê word:

-         Die name en kontakbesonderhede van 3-5 persone wat onafhanklik is van die eisende instituut wat as eweknie-evalueerders kan optree. Hierdie persone sal gekontak word en versoek word om eweknie-evalueringsverslae van u bydrae te doen op grond van belangrike konsepte soos oorspronklikheid van die uitset, toepaslikheid en tot watter mate dit ‘n bydrae tot nuwe kennis in die veld lewer (sien die aangehegte templaat wat deur voornemende evalueerders voltooi moet word)

-          ‘n Geskrewe motivering van 500-700 woorde van die kunstenaar waarin sekere aspekte uitgelig word nl. agtergrond inligting relevant tot die uitset, plasing die uitset binne die konteks van die dissipline en die bydrae daarvan tot nuwe kennis in die veld; die konseptuele en akademiese raamwerk waarbinne dit beoordeel moet word asook sekere detail omterent enige toekennings, die periode waarin die uitset gelewer is, die plek waar dit plaasgevind het, enige toekennings, ens

-          Bewys van affiliasie met die instelling wat die subsidie-eis indien, moet aangetoon word. Indien dit nie voorkom op die uitset nie, moet ‘n amptelike aanstellingsbrief/verklaring van Menslike Hulpbronne verskaf word waarin die persoon se verbintenis met die US aangetoon word

-          Bewys van die uitset wat gelewer is bv ‘n foto, MP3, MP4, e-katalogus, URL, ens (sien beleid vir meer inligting)

-          Om indiening te vergemaklik handig die ondersteunende materiaal as een pdf in.

 

Uitset-/publikasiejare wat kwalifiseer vir subsidie:

Die eerste geleentheid (2019) vir indiening sal kreatiewe uitsette van die afgelope 3 jaar insluit maw kreatiewe uitsette wat in die periode 2016-2018 gelewer is (maw tot n-3).Enige daaropeenvolgende indieningsrondtes sal slegs geld vir kreatiewe uitsette van die vorige jaar (n-1). Uitsette wat tydens die 2016-interne rondte van kreatiewe uitsette befondsing ontvang het, moet weer ingedien word vir voorlegging aan DHOO (maar die navorser sal uiteraand nie weer insentiefbefondsing ontvang nie).

 

Interne sluitingsdatum:

Die interne sluitingsdatum vir die eerste rondte van indiening vir die 2016-2018 uitsette is 28 Junie 2019.

Alle indienings moet asb. gestuur word na Maryke Hunter-Hüsselmann (mh3@sun.ac.za), kamer 2048B, 2de vlak, Wilcocks gebou).

 

Indien u enige vrae het omtrent u voorlegging kan u die volgende verteenwoordigers vir die verskillende kategorieë kontak :

-          Skone Kuns & Visuele Kuns:         prof Elizabeth Gunther (eg@sun.ac.za)             

-          Musiek:                                             dr Mario Nell  mdn@sun.ac.za), & dr Marietjie Pauw (empauw@sun.ac.za)  

-          Teater, Opvoerings & Dans:         dr Mareli Pretorius (mareli@sun.ac.za)

-          Ontwerp:                                          prof Elizabeth Gunther (eg@sun.ac.za)              

-          Rolprent & Televisie:                     dr Mareli Pretorius (mareli@sun.ac.za)              

-          Literêre Kuns:                                  prof Catherine du Toit (cdt@sun.ac.za)        

 

U word vriendelik versoek om seker te maak dat u voorlegging volledig en korrek is aangesien onvolledige voorleggings terugverwys gaan word en nie vir subsidie in aanmerking gaan kom nie.

 

Die volgende dokumente is aangeheg:

-       Amptelike beleidsdokument omtrent subsidiëring van kreatiewe uitsette soos gepubliseer in die Gazette

-          Addisionele riglyne dokument wat meer inligting verskaf omtrent sekere aspekte van die beleidsdokument (hierdie dokument sal waarskynlik van tyd tot tyd aangepas word deur DHOO) en moet aanvullend tot die beleidsdokument gelees word

-          Die templaat met die raamwerk waarbinne keurders die uitset moet evalueer

-          Excel tabel met die formaat asook velde waarin DHOO die inligting verlang