Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stelsel is oop om 2018 Navorsingsuitsetpublikasies in te voer

Neem kennis dat die Research Administrator (RA) stelsel oopgestel is vir die vaslegging van die 2018-navorsingsuitsetpublikasies. Bestaande reëls en riglyne wat vir die 2017-publikasies gegeld het, is steeds van toepassing op die 2018-navorsingspublikasie-uitsette en kan gevind word by http://www.sun.ac.za/afrikaans/research-innovation/Research-Development/outputs-accredited-journals. Indien daar enige aanpassings ten opsigte van die beleid plaasvind, sal ons u in kennis stel sodra ons terugvoer hieromtrent ontvang het van die DHOO.

Die sluitingsdatum vir die inhandiging van die 2018 publikasies is Maandag, 28 Januarie 2019.

Indien u onseker is oor wie die aangewese persoon in u departement is, is u welkom om ons te kontak.

Kontak Besonderhede:

Daléne Pieterse by 021 808 3557 (of mver@sun.ac.za) of Felicia Mc Donald by  021 808 2581 (of fmcdonald@sun.ac.za)