Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Afrigter Lenise lei junior SA hokkiespan na Afrikabeker
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 22/03/2022

Op negejarige ouderdom het Maties Sport se hoofafrigter vir vrouehokkie begin hokkie speel. Lenise Marais doen vandag steeds haar deel in die ontwikkeling van toekomstige nasionale sterre as hoofafrigter van die Suid-Afrikaanse junior vrouehokkiespan wat tans oefen vir die 2022 Afrikabeker.

“Die span se fokus is op die uitvoering van individuele vaardighede en kollektiewe spelstrategieë wat hulle sal help om na die beste van hul vermoë te presteer by die 2022 Afrikabeker-toernooi," het Lenise gesê.

Die internasionale geleentheid vind tans in Ghana plaas en spanne van regoor die vasteland gaan hier meeding. Ons wil graag ons goeie wense uitspreek terwyl Lenise en haar span om die top-eerbewyse veg.