Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
'n Bumperjaar wag
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 22/03/2022

2022 is 'n goeie jaar.

Die jaar het blitsvinnig weggespring en vir ons 'n gevoel van normaliteit teruggegee. Ons het minder skermtyd en meer gesigtyd, meer energie en aktiwiteit in ons kantore en wat 'n wonderlike gesig om ons studente en personeel terug op kampus te sien.

Met die meeste van ons kollegas terug in die kantoor, is nuwe idees en inisiatiewe besig om in ons vergaderlokale en gange te ontwikkel. Afgesien van 'n magdom beleidshersienings en nuwe beleide, het ons Innovus-afdelings reeds almal lang doenlyste wat wag. Ons spanne lyk almal gelukkig en gemotiveerd om wat ook al op hul pad kom vanjaar, aan te pak.

Kom ons kyk na 'n paar items op die doenlys: Ons is opgewonde om die Rinaibra-stelsel by al  ons koshuise in werking te stel om kommunikasie rondom instandhouding te verbeter. Tussen die afwenteling van nuwe maatskappye en die lisensiëring van die US se patente, neem ons tegnologie-oordragspan ons diensaanbod vir entrepreneurs in een reuse-stap vorentoe met die beplande Hackathon en die bekendstelling van die Instant Startup Toolkit vir entrepreneurs.

Vanjaar sal jy ook baie verbeterings en veranderinge in die US Botaniese Tuin sien (hou hierdie spasie dop!). Ons werk saam met Maties Sport om 'n toegewyde e-Sport-fasiliteit op ons kampus te vestig. Bewusmaking van al die vele en uiteenlopende aktiwiteite in ons afdeling is ook vanjaar 'n fokusarea.

'n Groot dankie aan almal in ons Innovus-spanne wat selfs meer entoesiasties as ek is oor die bumperjaar wat vir ons almal wag.​


Anita