Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch en Michigan Staatsuniversiteit bevorder 'ubuntu'
Outeur: Viwe Benxa
Gepubliseer: 24/05/2021

Onder die talle indrukwekkende gebeurtenisse wat in 2019 beleef is – die Michigan Spartans basketbalspan wat teen Ohio State en teen Wisconsin in die 'Big Ten'-seisoenkampioenskap gewen het – was ook die begin van ʼn opwindende verhouding tussen die Universiteit Stellenbosch en Michigan Staatsuniversiteit. 

Met die hoop om internasionale samewerking aan te wakker, het die vennootskap 'Ubuntu-dialoë' gevestig, om gemeenskapsbetrokkenheid te bevorder, navorsingsinisiatiewe te vestig en wesenlik die kennis oor die waarde van ubuntu uit te brei. 

Dit het ten doel om tranformatiewe opvoedkundige ruimtes te skep en in wese ʼn dinamiese samelewing te vorm. ʼn Vinnige Google-soektoeg toon dat ubuntu “menslikheid" beteken, maar dit is slegs een manier om die woord te vertaal. Ubuntu is meer as net ʼn woord – dit is ʼn manier om vir ander te lewe; dit is ʼn aanknooppunt vir gesprekke; dit is die bevordering van gemeenskapbou en -verbondenheid.

Tydens die 2020-2021 basketbalseisoen was die span van Michigan Staatsuniversiteit aan die voorpunt van gesprekke oor ubuntu. Die konsep van sportmanskap is verweef met die waardes wat deur die samelewing aanvaar behoort te word, deur die dra van sporttruie wat deur ubuntu geïnspireer is. 

Hierdie inisiatief het diepsinnige gesprekke oor die etos en waarde van ubuntu aangevuur. Die bekendstelling van die 'Ubuntu-dialoë', veral op sporthandelsware, het gehelp met die skep van ruimte vir besprekings oor die waarde van ubuntu. 

Dit is ʼn wonderlike inisiatief deur albei universiteite, om ʼn internasionale platform vir bespreking te skep.

Lees meer hier: