Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Watter invloed het veldbrande op wyne?
Outeur: Engela Duvenage
Gepubliseer: 23/09/2019

Veld- en bosbrande word 'n toenemende probleem regoor die wêreld. Daarom is dit nodig om die invloed wat rook op landbou-oeste het, te ondersoek. Dié kwessie binne die wynbedryf en die invloed wat dit op die aroma van wyne kan hê is onlangs ondersoek deur twee navorsers van die Departement Wingerd- en Wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, dr Marianne McKay en dr Astrid Buica. Hul bevinding is in die South African Journal of Enology and Viticulture gepubliseer.

Vroeër vanjaar het dr McKay ook haar doktorsgraad oor die onderwerp in die Fakulteit AgriWetenskappe ontvang.

'n Opsomming hiervan is ook weergegee in 'n artikel op die webblad Sciencetrends.com. Kliek hier​ om meer oor die navorsing te lees.