Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
EBW-akademici kry prys vir beste navorsingseminaar
Outeur: Ronél Beukes
Gepubliseer: 12/11/2018

By die 11de jaarlikse US-konferensie oor die Akademieskap van Onderrig en Leer (AvOL), het drie akademici van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe die prys vir Beste Navorsingsreferaat gewen.

Me Samantha Adams, Bedryfsielkunde-dosent; me Magda Barnard, Programvernuwingskoördineerder; en prof Ronel du Preez, visedekaan: leer en onderrig, het die toekenning gewen vir hul referaat oor Gamification for the win – or not? Evaluating student perceptions of a design-based gamification application.

Die doel van die konferensie, wat in Oktober gehou is, is om aan US-akademici die geleentheid te bied om aan gesprekke oor onderrigpraktyke en –filosofieë deel te neem. Vanjaar se tema is Akademiese Leierskap.

Die prys bestaan uit finansiële ondersteuning aan die pryswenners om hulle in staat te stel om ʾn internasionale konferensie by te woon.

  • Foto deur Anton Jordaan (v.l.n.r.): Me Samantha Adams, dosent in Bedryfsielkunde; me Magda Barnard, programvernuwingskoördineerder; prof Ronel du Preez, visedekaan: leer en onderrig, almal van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, by prof Arnold Schoonwinkel, viserektor: leer en onderrig, van die Universiteit Stellenbosch.