Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Gee ons jou insette tot die US se raamwerk vir ruimtelike ontwikkeling

​Die Universiteit Stellenbosch se Afdeling Fasiliteitsbestuur ontwikkel tans 'n geïntegreerde Raamwerk vir Ruimtelike Ontwikkeling (Spatial Development Framework of SDF) as 'n hoë vlak-riglyb vir toekomstige ontwikkeling van die kampusgeboude-omgewing.

Die SDF identifiseer belangrike ruimtelike, beplannings- en institusionele informante wat leiding gee oor toekomstige geboude omgewingsbehoeftes. Die raamwerk gee 'n uiteensetting van ruimtelike ontwerpstrategieë op hoë vlak met die doel om aan Fasiliteitsbestuur 'n holistiese en samehangende oorsig te bied vir toekomstige beplanning.

Dit is belangrik om te beklemtoon dat die SDF 'n riglyn is vir toekomstige ontwikkeling en buigsaam genoeg is om te verander namate die wêreld verander, want ons sien hoe vinnig dinge verander soos byvoorbeeld die eksponensiële ontwikkeling van tegnologie en die gevolge van die pandemie wat ons tans ervaar.

Die ontwikkeling van die SDF vir Stellenbosch is gedoen in oorleg met verskillende belanghebbendes intern en ekstern, en natuurlik met die plaaslike en provinsiale owerhede van Stellenbosch. Hierdie finale konsep SDF vir Stellenbosch is op 1 Junie 2021 aan die Rektoraat voorgelê.

'n Opsomming van die SDF word aangebied in die formaat van 'n YouTube-video. Die video bevat die volgende inhoud:

·       Doel van die SDF

·       Beginsels van die SDF

·       Grondgebruikerstrategie

·       Universiteit Stellenbosch in konteks met die dorp Stellenbosch

·       Hoof toegangsroetes

·       Kampus-wyke

·       Voorgestelde belangrike toekomstige kapitaalprojekte

·       Voorgestelde belangrike toekomstige opknappingswerk

·       Voorgestelde roetes vir nie-gemotoriseerde vervoer (NMT)

Kyk gerus na die video, dit is 15 minute lank. Gee asseblief enige kommentaar en terugvoering aan ons planning@sun.ac.za

Nadat ons die opmerkings en voorstelle versamel het, sal ons vergaderings reël om die SDF te bespreek, indien nodig.

Ons sal dit waardeer as julle enige kommentaar teen Vrydag 9 Julie 2021 aan ons sal terugstuur.

Die video is op hierdie skakel te sien: https://youtu.be/w-rzneCv3lk