Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Vakkeuse-voorligting vir gr 9-leerders

​Daar is verskeie faktore wat 'n rol speel in die aanloop tot 'n suksesvolle beroepskeuse. Een van die eerste oorwegings is 'n realistiese en weldeurdagte vakkeuse vir graad 10 tot 12. Leerders se vakkeuses kan 'n groot invloed hê in terme van 'n toekomstige loopbaan. Daar is dikwels ook baie onkunde rondom die oorwegings wat bydra tot die regte vakkeuse.
 
Om leerders te ondersteun in hul vakkeuse-proses bied die Universiteit Stellenbosch ‘n professionele vakkeuse-voorligting vir graad 9-leerders aan. Hierdie diens behels 'n 4 uur psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, 'n uur lange individuele gespreksessie, asook 'n geskrewe verslag van die resultate en aanbevelings. Hierdie aanbevelings word objektief, onpartydig en met inagneming van die leerder se profiel, asook sy/haar skool se vakkeusepakket, gemaak. Die leerder word ook bewus gemaak van die invloed wat sy/haar keuses op 'n naskoolse studie-program en/of loopbaan kan hê.

Koste van die diens: 
R2350 (Maandag - Vrydag); R2900 per kliënt (Saterdag). 
 
Vir besprekings, kontak:
csr@sun.ac.za / 021 808 4709​