Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aansoekproses vir toesighouding tydens die November 2020 sit-eksamens

Doen aansoek vir toesighoudingsdiens by November 2020-eksamens

Indien u graag toesighoudingsdiens wil doen tydens die US-eksamens vanaf Maandag 02 November 2020 tot Vrydag 11 Desember 2020 (volle duurte van eksamenperiode), het u nou geleentheid om aansoek te doen. Slegs eksterne aansoeke sal oorweeg word.

Aansoeke sluit Woensdag, 23 September 2020 om 16:30

Minimum kwalifikasie Matriek.

Vergoeding beloop R250 per eksamensessie/ R300 per ekstra skryftyd eksamensessie vir toesighouers en R350 per eksamensessie/ R400 per ekstra skryftyd eksamensessie vir senior toesighouers. Vergoeding vir alle toesighouding tot 24 November 2019 sal op 18 Desember 2020 betaal word en vir die tydperk daarna aan die einde van Januarie 2020.

 

Aansoekvorms is per epos beskikbaar vanaf Dinsdag, 01 September 2020. Kontak vir me Kea Raikane by kraikane@sun.ac.za om die aansoekvorm per epos vir u aan u te stuur.

 

Aansoekers moet asseblief alle afdelings van die aansoekvorms volledig invul en die ingevulde vorm (saam met enige ander dokumentasie wat vereis mag word) moet weer terug aan ge – epos word aan me Kea Raikane by kraikane@sun.ac.za voor óf op die sluitingsdatum. Onvolledige vorms sal ongelukkig nie oorweeg word nie. 

Kontak Eksamenkantoor by 021 808 9132 vir verdere navrae.