Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SPESIALE AANBIEDING: Gr 9 Vakkeusevoorligting

Wat behels die diens?

Assesserings word aanlyn aangebied. Assesserings sluit 'n psigometriese assessering van persoonlikheid, aanleg en belangstellings, ʼn 1 uur individuele terugvoersessie, asook 'n verslag met die resultate en aanbevelings, in. Aanbevelings word gemaak op grond van die kliënt se unieke profiel en kan dus programme aan 'n verskeidenheid van hoëronderwysinstellings insluit. Hierdie geleentheid word dus aangebied vir alle voornemende studente en nie slegs vir diegene wat aan die Universiteit van Stellenbosch wil studeer nie. Neem asseblief kennis dat die meeste van die psigometriese instrumente op die stadium slegs in Engels beskikbaar is.

Koste van die diens: Die koste beloop R1950  per kliënt (Maandag - Vrydag), betaalbaar binne 48uur na bespreking. 

Vir besprekings, kontak asseblief: csr@sun.ac.za