Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Probleme met kaarttoegang op kampus

Enkele studente en personeel mag tans probleme ondervind met kaarttoegang op kampus. 

As gevolg van `n groter verkeerslading op die netwerk en potensiële tegniese probleme word kaart toegang by sekere deure geweier. 

Kaarte wat wel geldig en registreer is, se regte sal outomaties opdateer wanneer die kaart gebruik word en behoort kort daarna weer reg te werk.

Ons is bewus van die frustrasie en ongerief wat die probleem veroorsaak en doen alles binne ons vermoë om dit aan te spreek.

Vir verdere navrae, meld asb. `n versoek aan by servicedesk.sun.ac.za.