Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Tenderveiling, Tweedehandse Meublement

​Belangstellendes kan die items wat te koop aangebi​​ed word by die US Aankope & Voorsieningsdienste-stoor -  Unit 1, Amparo Industrial Park 1, Bridge Street, Plankenburg, Stellenbosch, besigtig vanaf Maandag, 22 Julie tot Woensdag, 24 Julie 2019 gedurende die ure 09:00 – 15:30.


Tenders moet in verseëlde koeverte, wat beskikbaar is by Aankope indien: Aankope & Voorsieningsdienste; Aankope Gebou, Merrymanlaan.​

Die volgende inligting moet duidelik op die verseëlde tenderkoevert aangedui word:

·         Naam van tenderaar

·         Tendernommer (US TV4/2019)

·         Sluitingsdatum van tender: Woensdag, 24 Julie 2019 om 15:30

 ​Tenderaars moet duidelik spesifiseer vir watter item hulle tender, deur gebruik te maak van die item nommer. Tenderaars moet tender per item nommer. 

 

Indiening van Tender US TV3/2019 sluit om 15:30 op Woensdag, 24 Julie 2019.

 

Suksesvolle tenderaars sal voor of op Donderdag, 25 Julie 2019 ingelig word ten opsigte van die items waarvoor suksesvol getender is, asook die betrokke bedrag wat betaalbaar is.  Suksesvolle tenderaars moet op die laatste teen Vrydag, 26 Julie 2019 die geïdentifiseerde bedrag by die US Kassiere inbetaal, Admin A gebou Reyneveldstraat Stellenbosch.  Items sal slegs beskikbaar gestel word met die voorlegging van 'n amptelike US-kwitansie verkrygbaar na betaling by Kassiere. Alle items moet teen 15:30 op Maandag, 29 Julie 2019 verwyder word.

 

Enige verdere navrae met betrekking tot die tenderveiling kan gerig word aan Me L Cilliers by

021 808 4506.​​​