Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bekendstelling van die AUDA-NEPAD Sentrum van Uitnemendheid in Wetenskap, Tegnologie en Innovasie; 22 Junie 2021
Begin: 22/06/2021, 10:00
Einde: 22/06/2021, 12:30
Kontak:Dr Nico Elema -
Plek: Online

​Die Afrika-unie se ontwikkelingsagentskap (AUDA-NEPAD), in samewerking met die Wetenskaplike en Nywerheidnavorsingsraad (WNNR) en die Universiteit Stellenbosch (US), sal op 22 Junie 2021 die AUDA-NEPAD Sentrum van Uitnemendheid in Wetenskap, Tegnologie en Innovasie bekend stel. Die tema vir die geleentheid is “Bring innovasie en praktyk byeen vir versnelde Agenda 2063-implementering".

Die sentrum, met sy Afrikawye reikwydte en opdrag, beoog om die navorsing- en wetenskapsvermoëns van deelnemende organisasies se kennis- en navorsingsekosisteme te benut, en dit met beleid- en implementeringspogings te verbind, om sodoende die implementering van die Agenda 2063-ontwikkelingsprioriteite aan te moedig. Meer as 40 plaaslike innovasies is reeds geïdentifiseer. Die innovasies spruit uit lank bestaande programme in die US en WNNR se projekgroepe en is alles wyd beproefde en bewese tegnologieë of praktyke wat gereed is om oor die hele vasteland gekommersialiseer en uitgebou te word. Dit bied 'n wye verskeidenheid oplossings om lande in die era van COVID-19 te ondersteun.

Die aanlyn webinaar word spesifiek gereël om:

  • die AUDA-NEPAD Sentrum van Uitnemendheid in Wetenskap, Tegnologie en Innovasie bekend te stel;
  • 'n aanvanklike versameling innovasies te onthul; en
  • 'n geïntegreerde platform te bied waar beleidvormers, praktisyns en die wetenskapsnavorsingsgemeenskap oor hulle ervarings kan gesels.


Launch_invite banner_22 June 2021_v7_with email address.jpg