Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nasionale opname gemik op akademici se ervarings tydens afstands-O&L: nog tyd tot 31 Julie
Begin: 14/07/2021, 08:00
Einde: 31/07/2021, 20:00
Kontak:Claudia Swart - 0218084502
Plek: Online

Nasionale opname gemik op akademici se ervarings tydens afstandsonderrig en ‑leer

Beste dosent / universiteitsonderwyser / akademiese leier

Die Raad op Hoër Onderwys (CHE), Universities South Africa en die Universiteit van die Vrystaat nooi u uit om deel te neem aan 'n nasionale opname wat gemik is op (1) u ervarings as dosent / universiteitsonderwyser / akademiese leier tydens afstandsonderrig en ‑leer; en (2) u perspektiewe oor hoe onderrig en leer vanweë die pandemie verander het en watter ondersteuning u nodig het om by sodanige veranderings aan te pas.

Let asseblief daarop dat alhoewel respondente nie om identifiseerbare inligting gevra word nie, die opname gekose demografiese inligting versoek (instelling, fakulteit, geslag, ras, vlak van aanstelling en jare se ervaring), wat anonimiteit kan belemmer. Hierdie data word versamel om tussen instellings te onderskei, die ervaringsverskille ten opsigte van afstandsonderrig en ‑leer tussen groepe te verstaan, en om te bepaal of verskillende groepe binne die doserende populasie in onvertroude omstandighede ondersteun word.

Indien u bereid is om u ervarings en gedagtes te deel, volg asseblief hierdie skakel: https://response.questback.com/universityofthefreestate/SEP_TLFsurvey