Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
FVZS Instituut Erelesing
Begin: 29/03/2021, 18:00
Einde: 29/03/2021, 19:00
Kontak:Kristan Sharpley -
Plek: Online


Jy is vriendelik uitgenooi na die tienjaarviering van die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding en Burgerskap se Frederik van Zyl Slabbert Instituut en die jaarlikse Frederik van Zyl Slabbert-erelesing. 

Vanjaar word ons erelesing aangebied deur regter Dennis Davis. Regter Dennis Davis is in 1998 deur voormalige Suid-Afrikaanse President Nelson Mandela as regter van die Hoë Hof benoem, en in 2000 as president van die Appèlhof vir Mededinging. Vandat hy in die regbank benoem is, onderrig hy steeds staatsreg en belastingreg aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy ereprofessor in die regte is. Regter Davis se navorsingsfokus sluit in staatsreg, sosio-ekonomiese regte, en menseregte en gedingvoering. Tydens die formulering van Suid-Afrika se nuwe grondwet, was hy regsadviseur op die gebied van kiesreg en federalisme vir die Grondwetlike Vergadering. Hy was gasdosent/- hoogleraar aan die Universiteite van Cambridge, Florida, Toronto, Georgetown en Harvard. 

Hierdie jaarlikse erelesing, met die finansiële ondersteuning van die Konrad Adenauer-stigting, het ten doel om platform vir ons studenteleiers, akademici en die breë internasionale gemeenskap te bied waar hulle krities met hedendaagse Suid-Afrikaanse politieke en regeringskwessies kan omgaan. 


TEMA: Kiesreghervorming: Hoe demokratiese gevoeligheid verantwoordelike regering fasiliteer 

DATUM: Maandag 29 Maart 2021 

TYD: 18:00 

RSVP: bit.ly/FVZSIcelebration asb teen Vrydag 26 Maart 2021.

Let asseblief daarop dat hierdie 'n virtuele geleentheid sal wees. 

Die skakel sal vir deelnemers gestuur word. 

Vir verdere navrae: fvzs@sun.ac.za.​