Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ubuntu-dialoë Gratis Webinaar
Begin: 29/09/2020, 15:00
Einde: 29/09/2020, 17:00
Kontak:Natasha Coltman - 021 808 3691
Plek: online

Ubuntu en vroue se ervarings as epistemologie

Bio

Unifier Dyer is 'n PhD-kandidaat in die Departement Afrikakultuurstudies aan die Universiteit van Wisconsin-Madison. Haar navorsingsbelangstelling hou verband met die inheemse kennisstelsels in kontemporêre literatuur en kreatiewe werke oor en deur vroue.

Sy voltooi haar MA in die Afrikaliteratuur aan die Universiteit van die Witwatersrand, Suid‑Afrika, en fokus op Apartheidsliteratuur en stilte as 'n wapen vir selfbevestiging. Haar MA‑verhandelingprojek is getiteld “The Paradoxes of Silenced Trauma in Mongane Wally Serote's To Every Birth its Blood".

Vóór Unifier by die Universiteit van Wisconsin-Madison aangesluit het, was sy 'n navorsingsgenoot by die sentrum vir die bevordering van akademieskap aan die Universiteit van Pretoria, Suid-Afrika, waar sy oor die konsep Ubuntu gewerk het en in hierdie morele filosofie gepubliseer het.

Unifier is die mederedakteur, saam met James Ogude, van die kritiese bloemlesing Ubuntu and the Everyday (2019). Sy doseer in “The Principal Instructor, Introduction to African Literature, and Popular Media in Africa".

 

Ubuntu soos uitgedruk in die aard van fynbos

Bio

Rhoda Malgas is 'n dosent en PhD-kandidaat in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie aan die Universiteit Stellenbosch (US). Haar onderrig- en navorsing fokus op sosiaal-ekologiese stelsels – 'n konseptuele koppeling van die natuur-mens-neksus, met inagneming van die beskrywing, ontleding en ontwerp van natuurlikehulpbron‑gebruik vir bewaringsgerigte uitkomste.

'n Multidissiplinêre akademiese reis binne die natuurwetenskappe, en 'n belangstelling in sosiaal-wetenskaplike metodes, lei tot uiteenlopende bydraes en transdissiplinêre promotorbegeleide navorsing oor temas soos landbou en bewaringsekologie.

Sy geniet dit veral om bewaringskwessies aan te pak, veral met kleinboere op die platteland en stedelike mikroskaal‑grondgebruikers, terwyl sy ook met onderwerpe soos voedselsekerheid, natuurbewaring, plaaslike ekologiese kennis (PEK) oor fynbos, en die bestuur van hulpbronne gemoeid is. Rhoda dien in verskeie rade en trusts wat op bewaringsaksie en ontwikkeling toegespits is.

Sy is stigterdirekteur van The Small Things Fund, 'n organisasie wat eerstelynsteun aan eerstegenerasiestudente aan Suid‑Afrikaanse universiteite bied.

Rhoda is 'n navorsingsbeurshouer van Transforming Change (in vennootskap tussen die Stockholm Resilience Centre en die Swedish Institute) en die FemDAC Collective ('n samewerkingsinisiatief tussen drie SA universiteite en die Universiteit van Illinois ter bevordering van die loopbane en welstand van vroulike akademiese personeel, wat in die tersiêre onderwys onderverteenwoordig is).

 

29 September 2020, 09:00 – 11:00 (OST), 15:00 – 17:00 (MGT +2)

 

Vir meer inligting kontak:

Upenyu Majee (MSU) majeeupe@msu.edu

Mosa Phadi (Stellenbosch) mmphadi@sun.ac.za


Registreer hier:

https://msu.zoom.us/.../register/WN_LRn89BLoRSmcBO7f1JCwCw