Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skryfwerkswinkel: Akademiesie Artikels
Begin: 28/09/2020, 09:00
Einde: 01/10/2020, 13:00
Kontak:Selene Delport -
Plek: MS Teams

Die Skryflab se Werkswinkel in Skryfvaardighede vir Akademiese Artikels bied aan nagraadse studente die geleentheid om op ʼn interaktiewe en praktiese wyse hulle akademiese skryfvaardighede op te knap en om antwoorde op hul vrae rondom akademiese skryf in die algemeen te kry. Verskeie aspekte rondom die skryf van navorsingsartikels sal bespreek word, soos die skep van eksterne en interne koherensie, akademiese skryfstyl, die opsomming, asook hoe om self die teks te hersien. Die idee is egter nie om vir deelnemers vaste 'skryfreëls' voor te hou nie, maar om eerder algemene riglyne te gee oor hoe om verskillende skryfstrategieë te gebruik om inligting, data en argumente op die mees effektiewe manier oor te dra.

Volledige inligting en die inskrywingsvorm kan van die Taalsentrum se Webwerf afgelaai word. Om jou plek in die werkswinkel te verseker, e-pos asseblief die voltooide inskrywingsvorm aan Celestia February by februaryc@sun.ac.za.  ​