Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Aanlyn met Maties Rugby-sterre
Begin: 25/08/2020, 18:30
Einde: 25/08/2020, 19:30
Kontak:Hans Scriba -
Plek: Online | Aanlyn

Maties Rugby en die Afdeling Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge aan die Universiteit Stellenbosch (US) nooi jou graag uit na ‘n aanlyn gesprek met ‘n paar van ons voormalige Maties Rugby-sterre wat almal sukses op, sowel as van die veld behaal het.

Sluit gerus aan by Schalk Burger, Morgan Newman, Chris Norton, Craig Barry en Sam Mabombo waar hulle staaljies uit hul rugby-dae met ons almal gaan deel.

Hierdie aanlyn gesprek sal plaasvind onder die wakende oog van ons fasiliteerder, Matie-alumnus en skrumskakel, Neil de Kock.

Wanneer: Dinsdag 25 Augustus 2020
Afskop: 18:30
Eindfluitjie: 19:30
Plek: Aanlyn
RSVP: Stuur ‘n e-pos na alumni@sun.ac.za teen Maandag 24 Augustus 2020.

(‘n Skakel na die geleentheid, tesame met die huisreëls word aan jou gestuur by ontvangs van jou RSVP.)

Ons sien uit daarna om jou aanlyn te verwelkom!