Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kultuurgeskiedenislesing
Begin: 19/02/2020, 18:00
Einde: 19/02/2020, 19:00
Kontak:Natasha Coltman - 021 808 3691
Plek: Stellenbosch University Museum

Die kleurryke lesing handel oor die twee brande wat slawe in onderskeidelik 1710 en 1803 op Stellenbosch gestig het, en hoe dit die Kaapse geboue-erfenis beïnvloed het.

DATUM: 19 Februarie 2020

TYD: 18:00

PLEK: US Museum, Ryneveldstraat 52

Wanneer iemand “Brand!" skree, gee dit 'n koorsagtige geskarrel af. Daarmee was die koloniste aan die Kaap maar alte bekend. Twee groot brande in 1710 en 1803 het die ou Stellenbosch verteer. Slawe was by albei betrokke. Die brande het nie net die Kaapse argitektuur sterk beïnvloed nie, maar ook die sosiale verhouding tussen slaaf en meester in gedrang gebring. Die lesing bied 'n oorsigtelike bespreking van die brande, en vergelyk dit op verskeie vlakke. Wat die invloed van hierdie gebeure op die Kaapse geboue-erfenis betref, kan die gehoor 'n verrassing te wagte wees.

Die lesing is die eerste in 'n vierdelige reeks wat die impak van natuurrampe op ons geboue-erfenis ondersoek.

Toegang is gratis, maar plek is beperk. Bespreek u sitplek by Natasha Coltman (021 808 3691 of ncoltman@sun.ac.za).

Verversings word ná die lesing bedien.