Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Eerste kortkursus vir leeskringe ’n wenner
Outeur: Departement Afrikaans en Nederlands
Gepubliseer: 25/11/2021


As jy lief is vir lees en graag meer uit Afrikaanse romans en digbundels wil kry, het jy pas die geleentheid gemis om te leer hoe om bietjie dieper in die letterkunde te delf en met groter insig te lees.

Die Departement Afrikaans en Nederlands het van 10 tot 12 November die eerste kortkursus vir leeskringe aangebied. In die drie besige maar baie interessante dae het prof. Louise Viljoen en die kortkursusgangers ses aanspraakmakers en pryswenners bespreek: Dol heuning (SJ Naudé), Skepsel (Willem Anker), Voorouer. Pelgrim. Berg. (Ingrid Winterbach), Uittogboek (Johan Myburg), Asof geen berge ooit hier gewoon het nie (Pieter Odendaal) en Bientang (Jolyn Phillips).

As jy lus is om in 2022 vir die kortkursus in te skryf en uit te vind waarom die deelnemers dit vanjaar so geniet het, kan jy gerus vir Maret Blom by shortcourse2@sun.ac.za of 021 808 2160 kontak om solank jou plek te bespreek.