Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Regter Navi Pillay bied 15de Jaarlikse Menseregtelesing aan
Outeur: Christiaan van Schalkwyk
Gepubliseer: 14/04/2021

​​Prof Sandra Liebenberg, H.F. Oppenheimer Leerstoel in Menseregte en Prof Nicola Smit, Dekaan, nooi u hiermee vriendelik uit na die 15de Jaarlikse Menseregtelesing om die Eeufees van die Fakulteit Regsgeleerdheid, Stellenbosch Universiteit, te herdenk. Die lesing sal virtueel aangebied word deur Regter Navi Pillay, die Voormalige VN Hoë Kommissaris vir Menseregte oor die onderwerp van “South Africa’s Engagement with International Human Rights Law”.

Die datum van die lesing is Donderdag, 20 Mei 2021: 18:30 – 20:30.

Die lesing sal op MS-Teams plaasvind. Registreer asseblief op https://forms.office.com/r/XPPm8Ydhtn

ʼn Skakel na die lesing sal aan deelnemers deur epos gestuur word.