Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Welkom EBW-Maties van 2020!
Outeur: Ronél Beukes
Gepubliseer: 15/01/2020

Geluk met jou toelating tot die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch!

Ons sien daarna uit om jou by die Fakulteit te ontvang. Om jou tuis te laat voel en jou te help om die Fakulteit beter te leer ken, het ons 'n verwelkomingsprogram saamgestel, wat verpligtend is vir alle EBW-studente.